gewildstegedigte.litnet.co.za » Eugène Marais

Winternag
O koud is die windjie

en skraal.

En blink in die dof-lig

en kaal,

so wyd as die Heer se genade,

lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,

versprei in die brande,

is die grassaad aan roere

soos winkende hande.

O treurig die wysie

op die ooswind se maat,

soos die lied van ’n meisie

in haar liefde verlaat.

In elk’ grashalm se vou

blink ’n druppel van dou,

en vinnig verbleek dit

tot ryp in die kou!

Skoppensboer
I

’n Druppel gal is in die soetste wyn;

’n traan is op elk’ vrolik’ snaar,

in elke lag ’n sug van pyn,

in elke roos ’n dowwe blaar.

Die een wat deur die nag

ons pret beloer

en laaste lag

is Skoppensboer.

II

Gewis en seker is die woord:

die skatte wat ons opvergaar,

ondanks die sterkste slot en koord

word net vir mot en roes bewaar.

Net pagters ons

van stof en dons

om oor te voer

aan Skoppensboer.

III

Die heerlikheid van vlees en bloed;

die hare wat die sonlig vang

en weergee in ’n goue gloed:

die dagbreek op elk’ sagte wang

en oge vol van sterreprag

is weerloos teen sy groter mag.

Alreeds begint die rimpel sny;

oor alles hou die wurm wag

en stof en as is al wat bly:

Want swart en droef,

die hoogste troef

oor ál wat roer,

is Skoppensboer.

IV

L’Envoi

Gewis is alles net ’n grap!

Ons speel in die komedie mee

geblinddoek met ’n lamfer-lap

wat selfs die son ’n skadu gee.

Wat treur ons tog?

Viool en fluit maak tog geluid;

en lank die nag wat voorlê nog.

Al kan ons nooit volmaaktheid raak,

nog blink die oog en gloei die huid

wat heel die winter blomtyd maak.

Dus onverlee

lag ons maar mee

met elke toer

van Skoppensboer!

Mabalêl
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl;

vrolik klink die liedjie

wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.

Op die voetpad sy alleen,

met die skadu’s om haar heen;

op haar kop die kruik gelig

in gedienstig’ ewewig.

Golwend kleur die hemelboog,

stadig sterf die laaste lig,

en van verre deur die skermmure

wenkend blink die eerste vure.

Wydgestrek in eensaam’ vrede

lê Rakwen’, die stille, brede;

glansend in die westerpraal,

met ’n ceintuur in sy diepte van koraal.

En die witgepluimde riet

sing ’n treurig’ wiegelied,

en buigend vleg ’n silwersoom al om

die diepgespieëlde hemelkom.

Wag, wag, Mabalêl!

Is daar niks wat jou vertel –

is daar niks wat deur die duister

bang en dringend in jou ore fluister

van die vreeslike gesel

wat jou vrolik’ lied beluister,

wat jou spoor hou, Mabalêl?

Word jy niks gewaar

van ’n dreigende gevaar?

Voel jy nog nie, kil en snood,

om jou hart die skadu van die dood?

Ver benee die palmietstele

in die bloue duister wag Lalele,2

kwintessens van alle boos,

die Wreedheid self, meedoënloos;

met lydsaamheid wat alles kan ontbeer.

wat tyd en toeval kan trotseer;

wat seker as die Noodlot van sy dag

stil-wakker in die diepte op sy ure wag.

Deur winterkou en somergloed,

Deur blakend’ droogte en swelgend’ vloed,

Deur al die kerende taf’rele,

In sy diepte wag Lalele.

As die straaltjie in die sand

tussen walle dor en vaal

skaars die rotse van Rakwena haal,

en die hulsels van die riet

’n rouband bind van swart verdriet

om die groenbedekte kuil

waar die laaste water skuil

en die sugtend’ wind versmag

deur ’n woedend’ son verkrag –

roerloos by die skepplek hou Lalele wag!

En wanneer in donker nagte

rasend losbreek al die magte

van geweld en storm en vloed,

en Rakwen’ omring van angsgeskreeu,

smagtend sig nog eens te wreek,

soos ’n swaar gekweste leeu

swart en brullend deur die bome breek; –

blinkend uit die donker kolk, –

vlieg ’n vlammend’ dolk, –

wat deur stormbanke dig

’n wêreld van verwoeste loof verlig –

ongeroer deur al die groot krakele

in sy diepte wag Lalele!

Droom sy op die kantjie, Mabalêl,

tot haar hart verlangend swel;

in haar peinse ongedeer,

staar sy in die diepte neer,

staar sy in die spieëlgewelf

met die donker reeds omsoom –

tot sy, dromend, self

deel word van ’n salig’ droom;

uit die wêreld omgekeer

lokkend lag haar beeldjie weer.

Stadig deur die rietpensele

opwaarts uit die diepte rys Lalele.

Skud jou wakker, Mabalêl!

Sien jy nie die skadu opwaarts wel?

– Naar die hoogwal, Mabalêl!

Hou jou mymering vir later –

nooit had vyg of wilg in water

so ’n gespieëlde metgesel!

Nooit ’n skrikbeeld uit die holte van die nag,

wat die dromer sug doen na die dag;

nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel

half so dreigend, half so fel

as dié skadu, Mabalêl,

as dié skadu, wat benee jou

uit die diepte opwaarts wel.

Voor jou voete, Mabalêl,

deur die westergloor verhel,

waar jy onbedagsaam staar,

sonder ooit gedagte van gevaar,

uit die stroomweg stadig

dryf ’n halfverdrinkte blaar.3

Had jy spiere van ’n tier,

of die vlerke van ’n gier,

meidjie, niks sou dit jou baat,

want te lank het jy gewag – te laat!

Uit die spieëlvlak omhoog

bars ’n skuimend’ waterboog;

oor Rakwena, kalm en breed,

galm ’n enkel angsvol’ kreet;

en dan saggies weer

oor alles sak die stilte neer.

Winkend deur die skermmure

helder blink die voornagvure.

Uit die donker stilte, skel,

klink geroep na Mabalêl

en die rotse antwoord weer;

maar terugkom sal sy . . . nimmermeer.

Stadig deur die rietpensele

naar die diepte sak Lalele.

1. Die groot seekoeigat in die Limpopo, in die ou tyd as Rakwena bekend – “Vader van die Krokodil”; later Mabalêl genoem naar die jong dogter van die kaptein Rasithlare. Haar nagedagtenis leef nog in liedjies wat die vroue sing.

2. Lalele is die naam wat algemeen gegee word aan ’n krokodil wat in die gewoonte is om een plek op te pas: ’n drif of ’n drink- of skepplek. So een is altyd die grootste en gevaarlikste.

3. Die “halfverdrinkte blaar”is die verskyning net voor die krokodil sy slagoffer met die stert in die water slaan – ’n wyse van aanval net deur die grootste krokodille gebesig en meestal in die gevalle waar die slagoffer ’n mens is. Die krokodil vertoon net die “oogbankie” bo die oppervlakte, en so volstandig maak hy op dié wyse ’n klein drywende voorwerp na, dat ou rivierbewoners al dikwels bedrieg is.

Diep Rivier
Vertaling van die lied van Juanita Perreira

O, Diep Rivier, O Donker Stroom,

Hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom,

die lem van liefde wroegend in my hart?

– In jou omhelsing eindig al my smart;

blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat; –

die groot verlange wat my nooit verlaat.

Ek sien van ver die glans van staal en goud,

ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud;

ek hoor jou stem as fluistering in ’n droom,

kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom.

Die dans van die reën
Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woestyn

O die dans van ons Suster!

Eers oor die bergtop loer sy skelm,

en haar orge is skaam;

en sy lag saggies

En van ver af wink sy met die een hand;

haar armbande blink en haar krale skitter;

saggies roep sy.

Sy vertel die winde van die dans

en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,

hulle dam op die bulttop,

wyd rek hulle die neusgate

en hulle sluk die wind;

en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.

Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,

en hulle kruip nader en sing saggies:

“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

En haar krale skud,

en haar koperringe blink in die wegraak van die son.

Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;

sy trap af van die hoogte;

sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;

die asem van die wind raak weg.

O, die dans van ons Suster!